Sensus

'n Sensus is die proses van inligting insamel aangaande elke lid van 'n bevolking (nie noodwendig 'n menslike bevolking nie). Dit staan teenoor monsterneming (steekproefneming), waarin inligting oor slegs 'n deel van 'n bevolking ingesamel word. Om hierdie rede is dit 'n metode wat gebruik word om statistiese data te versamel, en is baie belangrik in demokrasie (stemming).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne